Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by Tim Gustafson

Konstabel Miglio Se Hart

By die polisiestasie het konstabel Miglio moeg teen die muur geleun. Die pas afgelope ondersoek na huislike geweld het omtrent die helfte van sy skof in beslag geneem en sal hom nog lank bybly. Die nadraai was ’n seunsvriend in aanhouding, ’n jong dogter in ongevalle en ’n geskokte en verwarde moeder.

“Niks wat jy daaraan kan doen nie Vic,”…

Vrygelaat

In ’n gesprek oor versoening het iemand opgemerk: “Moenie mense in tyd gevange hou nie.” Dié wyse woorde spruit uit sy waarneming dat ons geneig is om mense se foute te onthou en hulle nooit die geleentheid gee om te verander nie.

God kon Petrus verskeie kere in tyd gevange gehou het, maar Hy het nie. Petrus – die impulsiewe…

Toegewy Aan Die Liefde

Nabeel Qureshi het as ’n bekeerling tot Jesus boeke geskryf sodat sy lesers die aanhangers van die godsdiens waaruit hy kom, beter kan verstaan. Sy aanslag is vol eerbied, en sy hart, wat oorloop van liefde vir sy mense, kom duidelik na vore.

Qureshi het een van sy boeke aan sy suster opgedra, hoewel sy nog nie in Jesus glo…

God Van Die Dieptes

Die Marine bioloog, Ward Appeltans het gesê: “Wanneer jy, elke keer as jy diepsee toe gaan, ’n watermonster neem, sal jy elke keer ’n nuwe spesie ontdek.” Ons besef eenvoudig nie wat in die dieptes van die see skuil nie.

Ter wille van Job onderstreep God in Job 38–40 Sy skepping, die wonders van die weer, die grootsheid van die…

Om Te Behoort

Ek was die vorige aand laat uit, net soos elke Saterdagaand. Twintig jaar oud, het ek van God weggevlug so vinnig ek kon. Skielik het ek verplig gevoel om die kerk te besoek waar my pa predekant was. Ek het my verbleikte jeans, uitgewaste T-hemp en veterlose tekkies aangetrek en soontoe gery.

Ek kan nie onthou waaroor my pa gepreek…

In Der Waarheid

Ek was by ’n troue waar twee mense uit verskillende lande getroud is. Hierdie seremonie het Christelike tradisies gehad, gemeng met rituele van ’n geloof wat verskeie gode aanbid het.

Sefanja het prontuit die vermenging van ander gelowe met geloof in die een ware God (sinkretisme), verdoem. Juda het in aanbidding gebuig voor die ware God, maar ook staatgemaak op…

Die Laaste Roep

James het na sy aftrede as helikoptervlieënier sy vorige beroep so baie gemis dat hy ’n pos by ’n plaaslike hospitaal aanvaar het. Dit het behels die vervoer van pasiënte per helikopter na en vanaf die hospitaal. Dit het hy tot laat in sy lewe gedoen.

Tydens sy begrafnis jare later, het vriende familie en kollegas in volle uniform by…

Nie Wat Dit Is Nie

“Luister” het my vrou oor die telefoon gesê, “daar is ’n aap in ons erf.” Ek kon oor die foon hoor dat dit soos ’n aap klink, maar dit het later geblyk dat dit die geluid van ’n gestreepte uil was. Die werklikheid was nie wat ons gedink het dit is nie.

Toe Juda se Koning Hiskia binne die mure…

Om Na Herkoms Te Oordeel

“Waarvandaan kom jy?” Ons vra dikwels dié vraag wanneer ons iemand beter wil leer ken. Tog is die antwoord vir baie van ons gekompliseerd. Soms wíl ons nie al die fyner detail deel nie.

Jefta sou dalk glad nie die vraag wou beantwoord nie. Sy halfbroers het hom juis oor sy verdagte herkoms uit sy tuisdorp Gilead weggejaag, want “...…

Verag Om Al Dié Redes

Susannah Cibber het in die agtiende eeu ’n beroemde sangeres geword. Sy was egter ook welbekend om haar skandalige huweliksprobleme. Toe Händel se Messias dus die eerste keer in April 1742 in Dublin uitgevoer is, het baie mense in die gehoor nie haar rol as die hoofsolis goedgekeur nie.

Gedurende die opening het Cibber oor die Messias gesing: “Hy was verag…